Net so effense voorwoord.
Ekt Bluebird gekoop met die indruk dat ek hom gaan hou vir baie lank (ekt dit gesien as n speelding en n hobby, mens koop in elk geval nie n Aircooled VW met die mindset dat jy hom wil verkoop oor n jaar of 2 nie, of hoe dan nou???). Met dit in gedagte het ek stadig maar seker idees rond gegooi van hoe ek die beach buggy wou gehad het waneer hy finaal klaar is. Ekt nog altyd gehou van n beach buggy wat MEAN lyk, soos n monster... M@#rse agterwiele, baie voorligte en n stance wat se, "moenie met my K@K soek nie", en dit is presies wat ek in gedagte gehad het vir `GruntY.

Toe ek hom gekoop het was daar regtig niks fout met die buggy nie. Hier en daar n krap merk en bietjie verouderd, maar niks wat tyd en harde werk nie kan regmaak nie. Ek het hom so paar keer gery en dit was lekker gewees, maar ek wou meer he, nie krag nie, maar iets waarna ek kan kyk en dink, "hmm, not bad, not bad at all"
Soos toe ek hom gekoop het:



Nou kyk, eks nie n baie meganies aangedrewe persoon nie. Eks n Network engineer/IT Specialist en wat ek van karre af geweet het voor ek met die beach buggy begin het, was BAIE BAIE gevaarlik, maar ek leer vinnig en wou weet as iets op die ding verkeerd loop hoe om dit reg te maak...
Ek dink toe by myself, ek wil die buggy maak soos wat ek dit wil he, hoekom strip ek hom en bou hom oor nie, en toe byt die donnerse bug, soos wat hulle se.
Nie kort daarna begin ek en my broer (wat bietjie meer weet van karre as ek) die ding uit mekaar haal.

