Page 1 of 7
Buggy kry nuwe jas
Posted: Sat Dec 15, 2012 7:38 pm
by piesang
Ek het my beach buggy terug gekry van Grand Slam.
Remme is oor gedoen, engine is gesplit en crank is gesny om die speeling uit te haal om olie lekreg tekry en hou pirrrrr hy lekker.
Besluit toe om die kraaines onder die bonnet netjies te maak. Van die drade het ek vervang, want byvoorbeeld die ligte se draad was op altesaam sewe plekke gelas tussen die skakelaar en die regter lig en daar was sommer rooidarde wat gegrond was en groen wat krag was.
Om die bonnet af tehaal en terug tesit was nogal 'n bietjie moeilik want jy moes regvoor onder in kruip en met jou arm by 'n klein opening in sukkel om die moere op die boute te sit wat die bonnet teen die moderskerm vas trek. Ons boor toe in 40mm gat indie voordeel van die bakwerk agter die bonnet en skielik loop die plek onder petrol, nee niks raak geboor. Die petrol tenk is vrot geroes. Dankie vir Warwick-Lowlight wat in die week by my inloer en sê daar staan twee vollas by die scrapyard. Kry toe presies die selfde vorm tenk vir R300. Die moet nou in gesit word.
Maar vanoggend word ek wakker met 'n juk waar ek nie wil juk nie. Ek wil mos nou al van ek die gogga gekoop het hom groen spray, wel vanoggend is ek berg af Somerset Wes toe en gaan haal die nodige.
En ek en my seun begin toe teen 12:00 met 'n taak wat ons nog nooit van tevore gedoen het nie.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Sat Dec 15, 2012 8:22 pm
by piesang
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Sat Dec 15, 2012 8:27 pm
by buggyfan
Sterkte met jul projek wat jul aanpak.
HOU ONS OP HOOGTE MET JUL VORDERING
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Mon Dec 31, 2012 1:54 pm
by piesang
buggyfan wrote:Sterkte met jul projek wat jul aanpak.
HOU ONS OP HOOGTE MET JUL VORDERING
Geen vordering. Die piesang het op sy skul gegly

: sy linker engkel op twee plekke gebreek en 'n klyn beentjie onder die regtervoet het gesplint

.
Nou staan alles tot ek weer ordentlik kan loop.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Mon Dec 31, 2012 4:42 pm
by hitlers revenge
What were you doing???
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Tue Jan 01, 2013 9:18 am
by Warwick-Lowlight
He was eating Piesangs and left one lying about
Get welll soon broer
Wat is daai ou se naam vir daai spotlight conversion ??
Geluk vir 2013
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Wed Jan 02, 2013 8:17 am
by piesang
Warwick-Lowlight wrote:He was eating Piesangs and left one lying about
Get welll soon broer
Wat is daai ou se naam vir daai spotlight conversion ??
Geluk vir 2013
Vra eenige van die ouens in sales by Midas op Grabouw vir die spotlight van die Golf, dit is wat daar in pas.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Mon Jan 14, 2013 2:24 pm
by piesang
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Mon Jan 14, 2013 7:46 pm
by hitlers revenge
Dit lyk goed.
Moenie worry nie, ons leer iets nuut elke dag.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Tue Jan 15, 2013 6:13 am
by Warwick-Lowlight
Looking good there
Piesang moenie worri nie enige stappie op twee of wel vier pote is n stappie naader aan die einde

Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Mon Jan 21, 2013 6:08 pm
by piesang
ek het toe ek die buggy gekry het gesien die vensterraam se buitekant(pielaar) kraak waar die bonnet en venster raam by mekaar kom en die kraak begin nou al in die ronding onder die venster in kraak.
hy het so gekraak dat jy die hele venster buidekante voorentoe kan druk
en het dit toe versterk met twee ysterplate wat ek gemaak het wat dit goed
maar nou met die spraying wil ek dit regmaak, maar hoe herstel ek dit glasvesel??
daar is ook die merk op die bonnet, waar die petrol cap eers was, wat die vorege eienaar reg gemaak het, maar nou maak hy 'n kraak reg rondom

kan ek dit net met gewone boddyfiller regmaak?
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Mon Jan 21, 2013 10:27 pm
by arnocill
Jy kan nie net body filler gebruik om die kraak of filler cap gat toe te maak. Grind die glasvesel rondom die gat en kraak weg sodat dit lekker grof is. Dan gebruik jy glasvesel om die gat of kraak toe te maak, dit sal vir jou n soliede basis gee wat jy kan bodyfiller. Indien jy nie n basis het sal die bodyfiller net weer kraak, soos nou die geval met die filler cap gat wat toe gemaak is.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:10 am
by piesang
arnocill wrote:Jy kan nie net body filler gebruik om die kraak of filler cap gat toe te maak. Grind die glasvesel rondom die gat en kraak weg sodat dit lekker grof is. Dan gebruik jy glasvesel om die gat of kraak toe te maak, dit sal vir jou n soliede basis gee wat jy kan bodyfiller. Indien jy nie n basis het sal die bodyfiller net weer kraak, soos nou die geval met die filler cap gat wat toe gemaak is.
Ok dankie. Ek weet net nie wat die voorige ou gebruik het om die filler cap gat toe te maak nie. Stel jy voor ek haal dit uit en doen als oor.
Ek was so jaar terug by die ou in Maidland, Kaapstad wat die rou glasvesel verkoop en die het gepraat van iets wat ek eers op die ou bakwerk moet sit om dit taai te maak dan sal die nuwe beter vassit, is dit so? Ek het ook by die ou inligting gesoek van hoe om nuwe molds te maak om verandering op die bakwerk aan tebring, maar hy wou my niks inligting gee nie. Waar in die Kaap kan ek of my seun gaan vir 'n kursus om te leer hoe om met glasvesel te werk.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Tue Jan 22, 2013 10:20 pm
by arnocill
Ek is self geen expert met glasvesel. Ek grind gewoonlik net die ou glasvesel bietjie weg sodat die nuwe glasvesel bietjie laer is wanneer jy klaar is. Dan kan jy bodyfiller gebruik om dit gelyk te maak.
Ek dink nie dit is nodig om die gat heeltemal oop te maak. Jy kan bo oor glasvesel, dit sal help dat jou nuwe glasvesel nie weg sak.
Re: Buggy kry nuwe jas
Posted: Wed Jan 23, 2013 6:11 am
by Warwick-Lowlight
piesang wrote:Waar in die Kaap kan ek of my seun gaan vir 'n kursus om te leer hoe om met glasvesel te werk.
Dit is nie redig nodig nie
Gaan na midas of Dimitri en praat met die mense
Resin plus n bietjie hardner
Smeer die area wat jy wil regmaak met skoon resin en dan plak jy die fibre bo op
een of twee lae afhangende hoe diep die gat is
Jy maak dan die matt nat met nog resin en dan laat hom droog
Skuur af en fill enige lae punte - prime en paint
Die hoeveelheid hardner wat jy by sit is belangrik te flou en dit sal net set nie en teveel sal die goed laat kook