Page 1 of 2

1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:31 am
by piesang
Julle gaan my seker wil stennig, maar ek oorweeg om die staandaard 1600 twinport in my B-buggy te vervang met 'n 1300 Golf masjien.

Het iemand dit al gedoen?

Waar is die beste plek om 'n Golf masjien en "adaptor plate" te soek?

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:42 am
by louisvr45
Hi wat is die rede vir die convertion? waar wou jy jou radiator gesit het?

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:48 am
by Golfmad
Persoonlik sou ek eerder 'n 1600 of 1800 golf engine gebruik het - selfde moeite - meer krag ! :twisted:

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:54 am
by piesang
Ek wil die buggy strip en alle oordoen en dit sal die masjien ook insluit.

Ek het gevind dat by Atlantis op die duine grawe hy maklik in die sand in en gaan moeilik teen duine uit want hy loop en spin die heel pad, toe sĂȘ iemand vir my die 1600 masjien is te sterk vir lossand.

Nou het ek met die beplanning van geldsake net gewonder voor ek geld aan die masjien gaan spandeer, wat van as ek die Golf se masjien gebruik?

Verkoeler??? Daarmee stoei ek nog so bietjie. Ek het gevind dat my windskerm baie laag is (moet inmekaar sit om ordentlik te sien) so ek kyk na opsies om die windskerm te lig. Oorweeg om die "bonnet" te lig wat dan die windskerm ook gaan lig en dan behoort daar plek te wees vir die verkoeler voor.

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 12:39 pm
by arnocill
Daar is n maklike oplossing vir teveel krag! Moenie die pedaal so diep trap :mrgreen:
Ek stem saam met Golfmad, moenie tyd en geld mors op n 1300 masjien.
Net vir intressandheid? watse bande het jy op en wat is jou band druk in die sand?

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 1:41 pm
by piesang
Voorbande 13x175 agter 15x265 drukking agter na 1.2

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 3:13 pm
by arnocill
Ek dink die probleem is jou band druk, met daardie grote band kan jy afgaan na 0,4 of 0,3 bar vir die sand. n Band met n aggresiewe loopvlak soos n m/t werk ook gewoonlik beter in sand as n a/t of h/t. My ondervinding in die verlede is dat n beach buggy beter in sand loop met a/c masjiien, juis oor die torque wat op lae revs is.

So blaas maar n bietjie langer af volgende keer en kyk eers of dit nie help, voor jy n conversion doen wa oor jy dalk kan spyt kry later
Arno

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 4:13 pm
by louisvr45
arnocill wrote:... My ondervinding in die verlede is dat n beach buggy beter in sand loop met a/c masjiien, juis oor die torque wat op lae revs is.
Ek stem. n 1600 a/c trek lekker vannaf 1200 opm. ek trek gereeld my fleetline s.c weg in 2de n A/c se beste torque is teen 2800

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Fri Apr 13, 2012 9:04 pm
by karmakoma
en onthou daai 1300 golf enjin lewer in elk geval meer krag as die 1600 beetle engine.....

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Tue Apr 17, 2012 4:24 pm
by piesang
Thanks, so ek sal maar die 1600AC dokter toe stuur.

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Tue Apr 17, 2012 5:31 pm
by Warwick-Lowlight
Piesang het vir jou gese wie die MAN is en dit is net anderkant die berg :D

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Tue Apr 17, 2012 6:07 pm
by arnocill
Ek is seker jy sal nie spyt wees :wink:

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Thu Apr 19, 2012 8:22 am
by piesang
Warwick-Lowlight wrote:Piesang het vir jou gese wie die MAN is en dit is net anderkant die berg :D
Dis is juis na aanluiding van ons gesprek wat ek besluit het om my buggy na die dokter toe te stuur en toe net gewonder het "voor ek dit doen wat van as ek 'n oorplanting doen", maar ek gaan bly by wat nou in is, hy moet net by die dokter 'n draai maak.

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Thu Apr 19, 2012 9:28 am
by louisvr45
Wat is fout dat hy n dokter nodig het?

Re: 1300 Golf masjien vir Buggy

Posted: Thu Apr 19, 2012 4:17 pm
by piesang
louisvr45 wrote:Wat is fout dat hy n dokter nodig het?
hy het nie padwaardigheid gemaak as gevolg van olie lek. het nuwe seal agter die flywheel in gesit maar lek nog steeds. dink die speeling op die as is teveel en dan kry ek hom nie dat hy reg idle nie. Hy sleep as jy start en terk die batery pap, staarter is oor gedoen en nuwe batery. Die remme moet aandag kry.