Page 1 of 1

Ford se Volkswagen

Posted: Wed Aug 05, 2009 2:21 pm
by Hubcap
ford-volkswagen-koln-1930s.jpg


'n Stukkie Motor-trivia : Voorblad van 'n brosjure vir die 1931 Ford Köln (vernoem na die stad Keulen -- tuiste van die Duitse Ford fabriek).

Interessant dat Ford dit beskryf as 'n 'Volkswagen' (volksmotor) etlike jare voor die ontwikkeling van die latere en beroemde VW Kewer.

In Engeland was die klein 8 pk Fordjie bekendgestel as die Model Y -- voorloper van die bekende vooroorlogse Prefects, Anglias en Populars.