SouL wrote:Thanks Piesang...it's been a awesome project to work on....but don't be fooled...as small and as simple as it may be it can set you back a few $$$$. My buggy has been labelled "The black hole" because you just throw money at it and you never see it again!
Only things let to do now is the interior, Spray job, New rims and tyres and new top for it...easy another +/-20k
What have you planned for yours?
Ek het my buggy bietjie meer as 'n jaar terug gekoop. Hy was geadverteer
met padwardigheid sert. Die geld betaal en hom laat haal. Gaan vir registrasie en nee no-go die padwaardigheid sert het verval. Bel die ou en hy trek net sy skouers op en sê hy het gedink die sert is 'n jaar geldig.
Ok nie so erg neem die buggy vir padwaardigheid, no-go olie lek op masjien, olielek op steering box en handrem nie hoog genoeg gestel.
Kry die nodige om dit gou die naweek regtemaak. Trek buggy uit onder dak..... petrol pedaal se arm breek binne die tonnel af. bout die pedale los.....die boute draai in die tonnel sonder om los tekom, so word die bonnet en wind skerm los gemaak om by die tonnel uit tekom en ek kry dit uit gesorteer en maak sommer alles mooi skoon met draarborsel in boor en word weer swart gespry.
Waar die bonnet en winskerm bymekaar kom is die glasveesel alby kante deur gekraak en windskermbeweeg baie vorentoe en agter toe. Hier maak ek twee arms wat van onder die bonnet binne die venster raam op kom tot bo by die draai oor die venster. Nou pas die paneelbord nie meer so lekker nie. Ek vat sobietjie teen die kante weg en vorseer hom in. So wil daar nog 'n nuwe bord maak.
Olie kom agter die flyweel uit en by die rodtubes. sit nuwe seels, maak sommer alle plaate skoon en spray swart en geel, masjien lyk te pragtig en ek sit hom trug.
Hy wil nie lekker luier en dit klink of die masjien dood getrek word met die staart so kry nuwe battery. Nee bly die selfde en ek laat die staarter oor doen. Bietjie beter maar ek kry nog steeds nie hom dat hy reg luier nie. Krap aan die punte rond en die skroef wat die punte vas hou strip. Sit groter skroef in, maar sukkel nog steeds en die olie loop nou nogmeer uit as voor die tyd.
Krap weer aan die punte en die skroef strip weer. Koop nuwe verdeeler. Haal masien weer uit vervang weer seel agter flywheel en koop indruk rodtubes, maak seker dat alleboute ooral op masjien goed vas getrek is, maar masjien voel nog of iets hom dood trek. Haal waaierband af en voel die waaier gaan steek vas, stamp hard teen die likerkant van waaier en siedaar hy staart maklik.
Maar gou en hy sit weer vas, ek het gesien die split pulley se een deelmsny in die ander deel in en hou kry ek glad nie die pulley gesplit, so ek vorseer die hele pulley af. sit weer terug en als is ok, maar nie verlank, kom toe agter dat die voorste deel van die pulley hop as hy draai en dus die waaier so skud dat dit vasknyp.
kry twee weke terug nuwe pulley sit hom op en nou hou hy aan met loop en dit gee kans op goed in testel en hy pir soos 'n kat en ry lekker.
So ek gaan hom die week neem vir padwaardigheid en begin met beplanning van wat ek wil doen as hy net eers geregiseer is en vervang die rubber kopligte met chrome ligte.
Trek hom nou saterdag wat verby is uit onder die afdak om die sleepwa te bere.

geen remme, trap hom plat op die vloer en daar is niks
So as ek hom eendag geregistreer het wil ek begin met die spray, sitplekke oor doen, wielle weer spray en optooi.